‘n Gesamentlike Persverklaring deur die Ministrie vir Regerings Koordinering en Tradisionele Aangeleenthede (CoGTA) en die Nasionale Khoi en San Raad (NKR) Print E-mail
Thursday, 21 June 2012 04:52

Met Verwysing: Gereelde of Maandelikse Vergaderings tussen Minister R. M. Baloyi en die Nasionale Khoi en San Raad (NKR). Die Minister en die NKR het gister, 18 Junie 2012 hul gereelde vergadering in Pretoria gehou aangaande die verslag oor die werksaamhede van die Nasionale Khoi en San Raad (NKR) in voortgesette pogings om Khoi en San gemeenskappe te verenig.

Die NKR is ‘n liggaam wat gevorm was met die doel om Khoi en San gemeenskappe te verenig en ‘n platform te skep waardeur alle kwessies rakende gemeenskappe bespreek kan word. Die mees belangrikste saak waarin die NKR tans betrokke is, is die statutêre erkenning en insluiting van Khoi en San gemeenskappe in die formele regerings strukture. Daar was verslag oor die volgende sake gedoen:

Die NKR het tussen Maart en Junie 2012 verskeie Khoi en San gemeenskappe in die Oos-, Noord- en Wes Kaap, Kwa-Zoeloe Natal en Gauteng besoek en samesprekings met leiers in die Vrystaat en Noordwes Provinsies gehou as deel van voortgesette pogings om gemeenskappe betrokke te maak in die prosesse van die ontwikkeling van wetgewing wat die nasionale tradisionele aangeleenthede reguleer, naamlik die Wetsontwerp oor Tradisionele Aangeleenthede (2011).
Die gemeenskappe het hierdie kragtige verwikkeling en hul betrokkenheid daarin waardeer, al hoewel hulle hul besorgheid geopper het oor die slakkepas van hierdie regs prossese, die swak verspreiding van inligting asook die huidige vlak van verteenwoordiging op die NKR.
 
Die gemeenskappe se persepsies dat die NKR maar slegs ‘n arm van die regering is en dus die NKR se onpartydigheid betwyfel in die ware bevordering van Khoi en San belange in die wetgewende proses, was aangespreek, Daar was derhalwe besluit dat in ons doelwitte en strewe na groter insluiting van alle belange groepe, nasiebou en sosiale samehorigheid, die moontlikheid te oorweeg van die uitbreiding van NKR lidmaatskap om die groepe wat onbedoeld uitgesluit was, te akkommodeer. 
Die vergadering het voorts besluit om die prosessering van die wetsontwerp oor tradisonele aangeleenthede te bespoeding om te versker dat alle belanghebbendes optimaal betrek word. Die vergadering het beklemtoon dat daar ‘n behoefte is aan ‘n oop, deursigtige en allesomvattende proses.
 
In verband met die nuutste SAUK 2 Fokus onderhoud oor die bevestiging en status van die Khoi en San volke, het die regering weereens sy posisie bevestig dat die regering hierdie kwessie uiteindelik tydens die wetgewing se oorlegplegende proses finaal aangespreek gaan word. 
Beide agbare Minister R.M. Baloyi en NKR Voorsitter mnr. Cecil le Fleur het uiting gegee aan hul entoesiasme om te verseker dat hierdie wetsontwerp in die volgende paar weke deur die Parlementêre prosesse gaan, aangesien die tyd nou aan gebreek het dat alle volke in ons land, deur hierdie wetgewing, deel vorm van ons nasie se ingeweefde struktuur.